swaerste

March 25th, 2015

die nuus het raafswart deur die oggendlig gevlieg

my pa se stem kraak 10,000 myl ver

teen my oor

ons harte breek

tyd versplinter en word weer langsaam

volkome

verblindend finaal kon ons 30 seconds-wenspan

nie die akute antwoord uitstel nie

tussen Londen Dakar en Kaap

is n onbekende grenspos oorgesteek

en verward brand ek ver kerse en tulpe en gebede

my suster! my suster!

nou is ons vrae nietig

sonskitter karooswaer

die gordyn het gesak met die applous

jubelend ses-en-veertig

ons encores en einders

strek blinkblou na jou toe