Hortus Botanicus

December 25th, 2025

Hortus Botanicus. So het die bord teen die wit pilaar langs die houthek in Neethlingstraat aangedui. As ‘n 1977 eerstejaar-‘knol’ in Harmonie Dameskoshuis net langsaan, het ons daagliks oor die tuin uitgekyk en by die houthek verbygestap op pad na die Laan, of Coetzenburg, of op pad dorp toe. As Botanie-student was dit ook ons voorreg om ‘n toer deur die Botaniese Tuin te kry tydens een van ons praktiese klasse. Wim Tijmens was kurator, en die Pelargonium-guru, Prof JJA (Adri) van der Walt wat hoof van die Botanie Departement was, het sy uitgebreide inheemse Pelargonium-versameling daar gehuisves – ry op ry plantpotte met kosbare ‘wilde malva’-steggies uit al die hoeke van Suid-Afrika. Toe daar aan die einde van ons eerstejaar ‘n kennisgewing verskyn dat die departement ‘n student soek om Sondae ‘diens te doen’ as hulp-kurator in die Botaniese Tuin, het ek versigtig gaan klop aan prof. van der Walt se deur. Die soeke was eintlik na ‘n nagraadse student, maar ‘fools rush in where angels fear to tread’: ek het reeds langs die tuin gewoon en met min te doen op ‘n Sondagmiddag voor kooroefening en kerk, terwyl my ouers ver is en die koshuis leeg… En ek kon ekstra sakgeld verdien! So gebeur dit toe dat hierdie jong Botanie-student Sondagmiddae hekke oopsluit, fonteine aanskakel (elk met sy geheime wegsteekkraan iewers onder ‘n klip), besoekers se vrae antwoord en kyk dat niemand plante wegdra nie… Ek kon selfs in die kuratorskantoor vir my tee maak en deur publikasies en herbariumeksemplare blaaI – ‘n groot voorreg vir ‘n student wat nog inkomtye en strafdienste in die koshuis het, en min vryhede in die klein wêreld waarin ons geleef het. So het my hart se reise in die Hortus Botanicus van die Stellenbosch Universiteit begin.

In 1980 begin ek met Botanie-honneurs, en daardie jaar raak die tuin my laboratorium en leefplek. Vir my honneursprojek en skripsie moet ek ‘n studie maak van die trigome (fyn haartjies en klierhare wat essensiële olies afskei) van al 133 inheemse Pelargoniumspesies in onse prof se versamling, om te bepaal of die strukture enige taksonomies waarde het. ‘Painstaking’ was beslis die woord vir my eerste jaar van navorsing… maar groot vreugde om die plantmonsters daagliks in die Hortus Botanicus te kry, en dan ook op ontdekkingsreise en versameltogte saam met prof Adri van der Walt en dr. Piet Vorster te gaan. Ek was toe nog ‘juffrou Oosthuizen’ en geïnspireer deur groot geeste soos dr. Ave Duthie en prof. Miriam de Vos, pioniers in eie reg. En ter plaatse het prof Jan de Bruyn, Adri van der Walt, Johann Visser en Jan Coetzee nuwe horisonne geskep. Met die begin van my MSc (steeds Botanie) trek ek en ‘n paar vriendinne na die universiteitshuis ‘Hys Mys’ op die hoek van Murray en Neethlingstraat. My kamer het ‘n kaggel, stoepdeur en venster wat uitkyk oor die Botaniese Tuin. Die tortelduiwe was ons oggendwekker en kortpad klas toe was deur die tuin. So gebeur dit toe ook dat ek my destyde kêrel oorreed om een naweeksaand in die Botaniese Tuin te gaan slaap. Ek het mos die sleutel! Donkeraand trek ons ons plat in slaapsakke langs die lotusdam met eende wat nesskrop en ‘n paddakoor wat kompeteer met die krieke. (Dalk was ons die enigste mense wat ooit die voorreg gegaps het?) Die ateljee in die middel van die tuin – nou restaurant en kuierplek – was gebruik vir vergaderings en klankopnames. Ek onthou ‘n radio-onderhoud voor ek in 1981 na Israel vertrek vir ‘n studietydperk by Weizmann Instituut, en ‘n uitstalling van Elaphie Ward-Hilhorst, die illustreerder van die JJA van der Walt-trilogie oor Pelargoniums van Suider Afrika. Die Tuin het my as’t ware gehelp grootword en my eie stem kry.

Na PhD en trou en ‘n ompad deur Pretoria (studies vir my, diensplig vir my wederhelf) trek ons harte sterk terug Kaap toe en ons bou huis in Paradyskloof en maak 3 seuns digby die Akker groot. Nou is die Botaniese Tuin my seuntjies se speelplek, piekniekplek en boomklimparadys. By Wim Tijmens se ‘Gedoentes’ plas hulle rond, spring oor klippe in die leliedam, val soms in die fonteindam, en word bosmonsters in die Arboretum. Die geheime lewe van plante is ‘n nuwe ontdekking, en toe my oudste op ‘n ‘los-my-uit-dag’ vir sy boetie skree ‘moenie naby my kom nie, ek is vandag ‘n brandnetel’ toe besef ek, iets het ek reg gedoen, en Die Tuin het ook onder hulle vel ingekruip.

In 2005 trek ons ons tentpenne uit, en lei ons paaie na Kalifornië. Ek verlang… ek mis my tuin. Ek kan nie verstaan dat die top-universiteit waar ek my nou begewe nie ‘n Hortus Botanicus het nie. ‘n Kaktustuin sonder naambordjies tel tog nie? En wie neem nou sy meisie vir kuier op ‘n bankie langs ‘n kaktus… Met elke Kaapse kuier (ten minste 2 maal per jaar!) is die Botaniese Tuin bo-aan my lysie. Toe ons verlede jaar as gesin saam in Stellenbosch is vir die Kersseisoen, besluit my seuns om hulle ma te bederf met ‘n paar dae in Hys Mys. Nou ‘Bon Esperance Boutique Gastehuis’ – waar ek weer in my ou kamer slaap, op dieselfde stoep sit en uitkyk oor die Hortus Botanicus, met duiwe wat my wakker tortel. Die tuin het nou ‘n nuwe gesig gekry, en almal staan verbaas oor die ingrypende verandering. My enigste vrees was dat die nuwe kurator ‘n ander pos sou aanvaar voor die omskepping klaar is, want dit sou haas onmoontlik wees om sy visie te voltooi sonder sy leiding. Met Don Kirkwood se tragiese dood in Augustus onhou ek my vrese en woorde, en weet sy werk was voltooi. En Hortus Botanicus en ‘n oorvloed van herinneringe leef voort, en is nog lank nie klaar nie. En ek is spoedig weer daar! Dankbaar en bly oor die pioniers en mentors, rolmodelle, inspirasie en geborgenheid wat die tuin der tuine my gebied het. Hortus Botanicus van die Stellenbosch Universiteit.

Generasies

December 25th, 2025

Kleintyd op Stellenbosch het my seuns ‘n t-hemp gehad met die woorde ‘My Ouma was ‘n Matie’ voorop – wit letters op maroen. Maar Mamma was ook ‘n Matie, en boonop was Oumagrootjie ook ‘n Stellenbosse student.

Grootouma Josephine (Jossy) Joubert van Gelukshoop, Bonnievale, het op Hoërskool na die Seminarium op Wellington gegaan – vandag die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit. Sy is in 1902 gebore, en nadat haar ma dood is in die1918-griep, het haar pa haar eers laat plaas toe kom om vir hom en haar ouer broers te kom huishou. ‘n Plaas sonder ‘n boervrou sou ‘n wankelrige besigheid wees! As beloning het hy vir haar ‘n klavier gekoop: E.Krauss Stuttgart is in goue krulletters binne-in die deksel geskryf. Ek weet, want daardie klavier het saam met Ouma Jossy by ons huis in George kom woon toe Oupa Calla skielik oorlede is, en vandag staan Ouma se 1918-klavier in my huis in Los Altos, Kalifornië. Ouma Jossy is derhalwe eers op 21 van die plaas af Stellenbosch toe, waar sy ‘n diploma in skilder- en kookkuns verwerf het. Ek is onseker of daar ‘n ander opvoedkundige instituut op Stellenbosch was waarheen jong meisies gegaan het om te leer skilder en kook, maar van Ouma se sketse het bewaar gebly, en haar kookkuns was uit die boonste rakke! En so het Stellenbosch generasie nommer een gebeur.

My ma, Gerda du Toit, het op 16-jarige ouderdom op Stellenbosch aangeland. Sy was kleintyd al ‘n flukse leerder, en het vinnig deur die laerskoolklassies in Wadrif se plaasskool gevorder sodat sy op 15 in matriek was in Hoërskool Charlie Hofmeyr in Ceres. Haar ouers boer in die Koue Bokkeveld, en pakkies vrugte, neute en beskuit van die plaas af is ‘n gereelde ‘treat’ – ‘n gewoonte wat vandag nog in ons familie voortleef. Haar eerste universiteitsjaar was aan die SA Universiteitskollege in Wellington, wat in 1949 saamsmelt met Stellenbosch Universiteit – en op 17-jarige ouderdom is my ma ‘n tweedejaarstudent wat in Monica tuisgaan, en haar BA-graad in Afr-Nederlands en Sielkunde voltooi, gevolg deur HOD. Hier het Stellenbosch in my herinneringe begin. My ma vertel van die rugbykaptein Ken Watson wat almal se held was, jooloptog met sierwaens en die joolkaptien PH Nortje (later bekende skrywer) vir wie almal ogies gemaak het, asook Matiedirigent Con Hofmeyr. Naweke klim sy en haar kamermaat op die trein Kaapstad toe, en verder ry hulle fiets, gaan op BTK-uitstappies en sy is so jonk en onervare, sy noem die professore ‘Oom’. Sy sing ook in Gawie Cillie se Universiteitskoor – ‘n belangrike skakel in haar latere huwelik met my pa, Nellis Oosthuizen, wat weer in Philip McLachlan se koor in Graaff-Reinet Onderwyskollege sing. Hulle ontmoet mekaar deur ‘n kerkkoor in Port Elizabeth, waar my ma by Hoërskool Pearson haar eerste onderwyspos beklee.

Ek land dus as derde-generasie Stellenbosser in Matieland in 1977. Dit was egter hittete of ek het na die nuwe Universiteit van Port Elizabeth gegaan. UPE (nou NMU) was nader aan my ouerhuis in George, en my ouer suster het reeds daar studeer. Die deurslag het egter gekom met Oom Mossie se atletiekkursusse in die stad van eikebome, waterstrome en tortelduiwe. Na my eerste week van atletiekkamp in Stellenbosch – Die Laan, Coetzenburg, bergpad en Jonkershoek… het my kop onwrikbaar Stellenbosch toe gemik. Boonop ry ek en my pa nou gereeld Stellenbosch toe om die bekende Uurbyeenkomste op Coetzenburg by te woon: 4 ure vanaf George, een uur se opwindende atletiek, en dan val ons weer in die langpad terug huis toe. Harmonie Dameskoshuis word my huis, nagraads woon ek in Murrastraat1, en Oom Pieter van der Westhuizen se Studentekerkkoor (nou Canticum Novum) word my koortuiste. Eksamenuitslae word angstig in die Leeuhokke ingewag, tussen die KGB (Kosie Gericke Biblioteek) en die Kremlin (Administrasiegebou). Die Conserve is in aanbou, Neelsie is so pas ingewy, en ons sokkie in Neelsie se Gat, bederf onsself met ‘n bordjie slap tjips oor ‘n naweek, en uit die koshuisvensters hang klokkies aan toue vir die manne om ons voordeur toe te roep. Snags kom ‘serenade’ Wilgenhof se Kraaie vir ons dames wat nog ‘inkomtye’ en ‘inteken’-reels het, en saans 8-uur agter slot en grendel in ons kamers moet wees. Naweke was reëls meer buigsaam, maar ons bly binne perke! Die koshuis het een TV – in die ‘Lookery’ staangemaak – en eksamentye kry ons blokkoek en drink tee in die ‘Cookery’. Motors was ‘n taboe vir voorgraadse studente, en almal ry steeds fiets. Toe ek nagraads in Hys Mys my eerste karretjie kry (‘n tweedehandse Triumph Chicane), het ‘n nuwe Stellenbosch vir my oopgegaan! Nou ry ek naweke Jonkershoek of Kaap toe, of na my plaasfamilie in die Koue Bokkeveld – steeds baie versigtig en spaarsaam met brandstof. Dit help om maats te laat saamry om brandstofgeld te deel! Ons ontdek staproetes en pak rugsakke vir die Outeniquas, Visrivier, Hottentots-Holland en ander opwindende bergroetes. Die plek pas my soos ‘n handskoen. Hier wil ek bly.

My eie 3 seuns raak in die Eikestad groot. Na 25 jaar in Stellenbosch wink Silicon Valley vir pa Pierre, en ons groet ons Paradyskloofhuis. Die vierde generasie studeer nou aan universiteite soos Stanford, UC Berkeley, UCSD en CSU in Kalifornië, en Columbia Universiteit in New York. Ons gedy, ons kry swaar. ‘n Groot kultuurlose vakuum omring my. Ons bereik hoogtepunte en dwaal ook koersloos deur die resessie van 2008. Na vele slapelose nagte vertrek ek in 2017 terug Stellenbosch toe met ‘n wonderlike loopbaangeleentheid aan die Universiteit. So ‘n solo-safari is ‘n groot sprong! Ek haal diep asem en land saggies. Dis swaar – en dis wonderlik! Stellenbosch omhels my weer met tortelduiwe en riviere, berge en groen. Dis tyd om lig te leef. In Paradyskloof huur ek ‘n tuinwoonstel by ‘n Duitse kunstenaar wat met sy Ugandese vrou 6 maande van die jaar in Stellenbosch woon. Ons kuier en eet en gesels. Ou vriende is steeds daar en ons gaan weer op staptogte – ‘slackpacking’ is ‘n nuwe lekkerte. Ek woeker met navorsingsfasiliteite en bou ‘n laboratorium, mentor en motiveer studente, en sit soms asemloos en in verwondering oor die Suid-Afrika en Stellenbosch waarin ek my nou bevind. My studente en medewerkers kom uit Nigerië, Uganda, Namibië en Zimbabwe, asook Cambridge, Oxford en van oraloor Europa. Ek skakel in by die ThinkTank met KU Leuven en sing weer in Canticum Novumkoor – nou onder leiding van Louis van der Watt. My pa is onlangs oorlede, die verlange is erg, en naweke neem ek my ma op kronkelpaaie na familie en ou vriende. Ek en my suster diep geraamtes op uit die familiekas en lag oor die dag wat kom. Ek haal weer asem tussen blou berge en fynbos.

In 2020 roep Stanford Universiteit my terug en my gesin wag my in. Dit was nodig, dit was goed, ek weet waar ons hoort. Ons harte trek steeds Suid. Onwrikbaar soos ‘n kompasnaald. Die trek van generasies.

Want daar’s net een Bos… en dis Stellenbosch!

Maties Karnaval 1951! Ma Gerda du Toit 5de van links.
‘Parlour Girls’, Ouma Jossy Joubert, 1922

Saam met my pa

July 18th, 2021

kon ek berge uitloop en

blomme plant

saans na rookvure en mis

in die klowe kyk en die vleiloerie

hoor roep

saam met my pa

kon ek branders en meeue dophou vir ure

rooiaas en siffies uithaal

in diep skeure

saam met my pa

kon ek skemeraand tussen dennebome draf en

geelhout en watervalle groet

plaashekke oopmaak en

dennetolle optel toe die loop swaar raak

saam met my pa

kon ek leer vuurmaak en houtkap selfs

kettie skiet en

klippe laat spring op die dam

saam met my pa kon ek psalms sing

sonder om asem te haal as ek luister

na sy stem wat mooier as enigiemand anders

uitstyg

hemel toe

saam met my pa kon ons kilometers klippad ry sonder woorde

met toebroodjies ‘n milky bar en koffie

en as ek opkyk weet ek

hy verstaan my dink

saam met my pa

kon ek wees

en wonder

en droom

en as ek sou wegbeur na ‘n aweregse pad het sy arm

my naby gehou

saam met my pa

Today I am going to make a cake

July 18th, 2021

July 8, 2019

said Virginia Woolf’s Mrs Dalloway, with Philip Glass’s music in The Hours. And that’s exactly what Mom’s friend Rita, born 1929, and friends since 1968, said when she was invited to Mom’s book celebration, the event celebrating the writing of Mom’s Memoirs. And there she was, soon 90 yrs old, with the custard cake that became her trademark recipe. For every special visit, celebration, occasion, event, Tannie Rita would bake her famous layered cake. And she did it again for her best friend’s book celebration. This time she mixed the batter and heated the little stovetop oven in a tiny room in an old age home, a final refuge for the brave who were selected to walk on and contribute for a little while longer. And her token contribution of a custard cake, finished off the meal at our joyful celebration. A celebration of life and the memories we make.

Here’s to Rita Grundlingh and her indomitable spirit and unbeatable cake.

I am going to make a cake. A custard cake. To remind me of our nights going out to concerts while our husbands went fishing. Of our daughters becoming wives and mothers and our homes being moved to unfamiliar places. Of laughter and tears, music, dancing and planting new gardens in spring. Long December holidays and Sunday lunches. We laughed, we loved, we lived.

And I made a cake.

https://www.youtube.com/embed/DV8dpDsatLM

Tyd van eenvoud.

April 9th, 2020

Op Maandae het die groentelorrie gekom. Dan is slaai, tamaties, bone, blomkool, kopkool, skorsies en pampoen afgelaai. Die groot beplanning en weeklikse kook het begin. Daar was 26 kinders wat elke dag moes eet. Drie maal, met een paraffienyskas en ‘n houtstoof. Wallekraal. My ma ‘n brose 30, pa 33, en die twee stadsjapies durf die vreemde aan met twee voorskoolse dogterjies en ‘n groot avontuurlus. Soetsuurdeegbrood vir 30 mense, elke dag. En die nuwe koshuismoeder het nog nooit ‘n brood gebak nie! Die eerse poging was plat en taai, my ma steek kers op by Diknek  se baasbakster en siedaar! ‘n Aartappelplantjie en bietjie touwysmaak, en Tina Aggenbach se raad laat die skool oorleef. Die brood rys en Andries steek elke keer sy hand op vir nog ‘n snytjie. Nou word daar daagliks ingesuur, die deeg word dopgehou, en die houtstoof word gestook. Boeppens baksels word toegemaak onder ‘n lappies-broodkombers en warm-warm geëet.

Die groentelorrie uit Vredendal se kooksels word beplan. Maandae is tamaties en blaarslaai en alles wat vinnig verlep, geëet. Dinsdae groenbone, en van Woensdag af is dit kool en wortels, en laaste die skorsies en pampoene wat geduldig in die donker buitekamer hulle kans afwag. Gedroogte vrugte word oornag geweek om sag te kook vir bykos of nagereg saam met vla. Bone word gespoel, geweek, gekook, eerste water afgegooi en weer gekook. ‘n Asyn-en-maizena-sousie verander dit in ‘n bederfdis.  Roomys is net vir die dorp, en dus een maal per maand – as kinders soet is. Rooibostee word in ‘n geel enemmeltuitkan gekook en stomend warm gedrink, almal kry ‘n bekervol met vars bokmelk aan etenstafel. Koffie word gemaal en in ‘n linnesak in ‘n koffiekan gemaak. Sakkoffie is net vir grootmense, dit gee kinders vlooie in die maag. Vir slaaptyd rek my ma die rande en koop kakao om die koshuiskinders met ‘n warm slaapdrankie te bederf. Koeimelk is skaars, en lentetyd smaak die melk wild van die gousblomme in die weikamp. ‘n Paar lepels kakao red klein dogtertjies se lewe ook!

Ons het altyd so gewens ons kon teruggaan na daardie rustige ongekunstelde jare. En ons het. Ons koop nou een maal per maand ‘n groot voorraad, ons groente word tuis afgelewer, ons rantsoeneer die eiers en brood en slaai en melk. Ons rek die rande en kos in die spenskas. Ons bak weer ons daaglikse brood en hou ‘n broodkombersie in die kombuislaai aan. Ons bel ons bure op die plaas langsaan. Ons kyk of daar nie dalk ‘n kar in die pad afkom nie.

En skielik onthou ek die gesin wat net een maal per jaar dorp toe gegaan het. Toe my ma en pa die Saterdagoggend tienuur in Garies se hoofstraat indraai, kom die Mosterts net uit die dorp gery. Klaar gekoop vir die jaar. Wie het nou meer as een uur in die winkels nodig?

Maar ek mis steeds die geur van Cobra-politoer op die houtvloer, die sandpad met middelmannetjie wat afkronkel teen die bult, die geeldons-acaciabome wat ‘n soom afsteek teen die rivierloop. En die bakoorjakkals wat snags roep in die stilte en omkyk. En opkyk en roep.

Treading Water -4.

April 2nd, 2020

4. Do not live with broken stuff! If the tap leaks, fix it! That torn pillow case: mend it! Clogged drains, creaking doors… Often a small job can give huge sense of accomplishment and control.

One of the first signs of regression is a gradual indication of ‘decay’. Carpet cleaning can no longer be outsourced to a local company – but cleaning equipment can be rented at your local grocery store on a daily basis. The dirty car can be washed by your family over the weekend, since the local ‘brushless car was’ is now a luxury, and not a necessity. The annual window cleaning in the complex we live, I did myself. Removing window screens and washing them outside was an easy job. Let the entire family help, you can teach your children to earn pocket money this way, and though the money will still be coming from your  own pocket, it teaches your kids valuable life lessons – and they can even start their own ‘cleaning service’ during school breaks, and offer help to neighbors or aging people.

I took out my sewing machine, replaced the lost electric cable, and was ready to mend clothes and bed linens myself. You can even start doing small projects with your sewing machine, or make gifts for friends. Let your tight condition lead to innovation, that will inspire you and others.  Necessity is the mother of invention…

Treading Water -3.

March 29th, 2020

3 . Make an inventory of unavoidable expenses. Be honest about activities like individual music lessons and sports coaching.You may have to drop an activity. Shop on eBay if you need a new instrument or tool. Clothes can be passed down to siblings, especially expensive suits, tuxedos, outfits not often worn. You may also ask for friends who had kids in a choir, sports team, etc for second-hand formal clothing.

Making lists can be a lifesaver. It helps you focus, and clears your mind from spiraling thoughts that drag you down. Once expenses, concerns, activities and needs are listed, it is easier to navigate your way ahead. Instead of having a jungle of vague thoughts all butting heads in your mind, items on a list can be thought through, discussed, digested, marked off, put aside.

It is amazing how few new clothes one can need if you do not have money to buy any. Use your basic wardrobe, in the US you can shop at Goodwill, or even visit garage sales to find unwanted, often brand new clothes. Unavoidable expenses include life and car insurance, telephone, electricity and gas for you vehicles. This does not mean you cannot limit these expenses. Use less gas for your car by driving less, car-pooling, cycling or walking. Telephone, gas and electricity can be limited, and often companies give an extra discount for a decrease in your bill.

Treading water – 2.

April 22nd, 2019

2. Stop using your credit card, there is not going to be sufficient income deposited to pay off new purchases. You do not want to end up with huge debit against your name. Withdraw cash, e.g. $100 per week for food/groceries. That means prepare your own meals, NO eating out. Do not buy clothes, toys or furniture. The kids will have to wear hand-me-downs… Use libraries extensively – no need to buy books! For recreation, go into nature, it is mostly free. Even a party can be on the beach, a lookout point, a park or open space reserve. Make it cheap without being cheap. Reconsider your values, reevaluate your essentials. Your credit card has turned into a venomous scorpion. Do NOT open any new cards to help pay off the current bill.

My initial thoughts were just for limiting; going without, closing down, try to live it out for a few months.

It was almost impossible to avoid credit card expenses and debt. I was in the fortunate position to still have a small amount of savings in an account linked to a previous position. That would now buy our ‘daily bread’. For the rest, our savings was pretty much trapped in the new house we bought. Stock options from my husband’s previous positions contained the rest – that also now vanished with his retrenchment from the company.

For gas we still used the credit card, and for mandatory payments like Gas and Electricity, Telephone and Internet, and Medical Insurance. Because I did not know how long this single-income period was going to last, I did not want to take chances and accumulate, almost unnoticed, excessive debit, and land in a tight spot where property or valuables needed to be sold. My husband immediately started applying for new jobs, but the reaction was slow, response trickling to a standstill, and the future indeed looked bleak. The realities of being new immigrants sunk in.

Treading water -1.

April 22nd, 2019

1. Don’t panic. Keep calm. Breathe deep. Take action.

My first reaction to such news was disbelief, an almost floating feeling of ‘no way, this only happens to other people’. And then more denial…: ‘so what, you can step out tomorrow to find a new job!’

Not this time, however. The message sinks in, and you remember headlines in the news on increasing unemployment figures, the ‘DDay’ Speech of the VCs on Sandhill Road after the Wall Street debacle… and then that small voice telling you this may be serious.

I read the advice of Marcus Aurelius: “The first step: Don’t be anxious. The second step: Concentrate on what you have to do”. And I decide to do just that.

In the next few months I will learn to “Blot out my imagination. Turn my desire to stone. Quench my appetites. Keep my mind centered on itself.”

“And you can also commit injustice by doing nothing.”

Marcus Aurelius would become one of my best allies.

Treading Water

January 11th, 2019

Our time in the USA has been full of novel experiences and surprises. I have started to write a little book, Treading Water, on my experience of the 2008 recession. Here is the Intro.

Pink Slips

3 November 2008. Tomorrow is Election Day. Obama versus McCain Day. Biden versus Palin Day. I come home from campus, expecting to be glued to the News channel and reports on election results and expectations in different States of America. My husband is upstairs in our home office, his face a brooding thunderstorm.

What’s wrong – you look as if someone just fired you!

Yes, they did. Indeed.

As Director of New Channel Partners at a start-up company in Mountain View, California, his position was made redundant – in fact, 30% of the company suddenly had ‘unneeded’ positions. This time, no golden handshake to the directors, no warning signals to employees. The CEO even took the trouble to invite all employees to a meeting the previous week to announce that the company had enough bank credit, so no one needed to worry about lay-offs. And after my husband signed the first million-dollar deal for that same company – well… that was meant as extra security.

Who would lay off people after so much reassurance? What duality would hand out pink slips on the evening when the entire country was thinking in red and blue… Republican or Democrat, Obama or McCain, Biden or Palin? Slowly realization sinks in. A pink slip on a red and blue evening is hard to digest.  I’ll have to plan ahead.

I am a PhD scientist with a part-time position at Stanford, expecting to move to full-time when the kids could manage without me in the afternoons. Stanford has made sounds of freezing positions and salaries in the sudden economic recession. I have been asked repeatedly when I would be willing to move to a full-time position. That time has now arrived. I grabbed the opportunity.

Over the next few weeks… which turned into months… and later more than a year… then three years… I had to redefine various aspects of my life. My comfort zone was shattered. There was no means of relief or escape. The world would narrow down to boundaries, procedures and regimens that I could define, and use as beacons to guide me mentally and emotionally. I had to follow instinct. I navigated a route for survival. My compass was my uncluttered upbringing, common sense, and often sheer guts. Some guidelines are described in the following pages. They paved the way to survival of the fittest.